Salfolie

Posted by Annalene C. on February 20, 2019 in LEWENSTYL SALFOLIE

kruie, speserye, plante en dinge

Van die eerste proesel van Oupa Gert se peperwortel as ‘n kleine het aromatiese plante my volle aandag. 

As ‘n jongeling het ek allerhande plant eksperimente aangepak (alhoewel ek skepties was dat enigeiets wat nie uit ‘n pakkie of ‘n winkel kom REGTIG kan werk of erger nog, nie dalk dodelik is nie). Toe die industriele hoeveelheid eksperimentele laventelsout uiteindelik ook in kleinboetie se badwater beland, was ek die grootste ongelowige dat dit bygedra het tot die skielike verdwyning van sy aggressiewe ekseem…

Essensiele olies is nou ‘n essensiele alledaagse gebruiksitem in my en so baie mense se lewens. Indien dit nuut is vir jou, teken miskien aan vir die volgende paar gesprekke met ‘n paar plaaslike mentors op die gebied.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *